Veeartseny pas risiko-vermindering toe met siektes
‘n Namibiese staatsveearts het sy reaksie gegee op twee gevalle van voëlgriep wat by wilde voëls in Brasilië opgespoor is. Die Wêreld-organisasie vir Dieregesondheid sê intussen pluimvee-uitvoere van Brasilië sal nie verbied word nie, tensy die virus verder versprei. Staatsveearts dr. Daniel Shoopala, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê die regering het risiko-vermindering wat hulle toepas wanneer sulke virusse opgespoor word van ‘n land waar vandaan Namibië produkte invoer.