Afrika-dag in Parlementstuine gevier
Afrika-dag word môre in Afrika en ook in Namibië gevier, asook die 60ste herdenking van die Afrika-unie. In 2002 het Afrika-leiers die Organisasie vir Afrika-eenheid in die Afrika-unie omskep om vorentoe te beweeg na integrasie, vlakke van samewerking tussen Afrika-lande te verhoog, asook om Afrika se ekonomiese groei en ontwikkeling ‘n hupstoot te gee. Die ministerie van internasionale betrekkinge nooi Namibiërs uit na die vieringe môreoggend om tien-uur in die Parlements-tuine in die hoofstad. President Hage Geingob sal die hoofrede lewer.