Wes-Kaapse pleegouers kla by Menseregte-kommissie

ActionSA in die Wes-Kaap het namens ‘n groep pleegouers van Khayelitsha klagtes by die Menseregtekommissie ingedien teen die Wes-Kaapse provinsiale departemente oor die manier waarop die departemente se optrede en gebreke kwessies rondom pleegkinders in gedrang bring. Michelle Wasserman van ActionSA sê hulle kla oor die toelae wat veronderstel is om betaal te word. Dit word dikwels laat of glad nie betaal nie.