Namibiese lugvaartbedryf onder die loep

Openbare gesprekke vind tans in die hoofstad tussen reguleerders en die lugvaartbedryf in Namibië plaas wat deur FlyNamibia aangebied word. Samewerking, vertroue, doeltreffendheid en belegging in vaardighede, sal Namibië se lugvaart na nuwe hoogtes neem, wat Namibië se groot potensiaal as mees wenslike vliegbestemming sal optimaliseer. Die hoofrede is deur die minister van vervoer John Mutorwa gelewer en word ook bygewoon deur die Namibiese Lughawens-maatskappy, die Namibiese Burgerlugvaart-owerheid en Vliegtuig-eienaars en Vlieëniers-vereniging van Namibië.