De Ruyter weer voor Skoor gedaag
Die Suid-Afrikaanse parlement se staande komitee oor openbare rekeninge, beplan om die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, vir verdere ondervraging oor bewerings van korrupsie by die entiteit, op te roep. De Ruyter het voorheen bewerings van korrupsie gemaak en geweier om sekere vrae te beantwoord. Hy mag gedagvaar word en ook van minagting aangekla word. Die nasionale veiligheids-adviseur van President Cyril Ramaphosa, Sydney Mufamadi, verskyn Vrydag voor die komitee.