Kaapse moordsyfer is af met 9%
Die Wes-Kaapse LUR vir Polisieoorsig en Gemeenskapsveiligheid, Reagen Allen, sê beamptes van die wetstoepassings-bevorderingsplan, LEAP, is sedert 2020 suksesvol met misdaadbekamping, veral wat moord betref. Gebiede waar LEAP betrokke is, het van Januarie tot Maart vanjaar 428 moorde aangemeld. Allen sê dit beteken moorde in LEAP-areas het met 9 persent afgeneem…