Reëlings vorder vir die Ongwediva-handelskou
Die Ongwediva-handelskou word vanjaar vanaf 25 Augustus tot 2 September gehou. Die skou word as uiters belangrik vir die Noorde se ekonomie geag en lok ook talle buitelandse uitstallers wat nuwe beleggings- en besigheidsgeleenthede bied. Kosmos 94.1 Nuus het met Jackson Muma, woordvoerder by die Ongwediva-dorpsraad gesels oor die vordering met die jongste reëlings.