Esau borgaansoek: Hy sê hy wou geld spaar in Angolese reis
Bernhardt Esau getuig steeds in sy borgaansoek voor regter David Munsu. Die memorandum van verstandhouding wat onderteken is in Angola vir visvangkwotas is steeds onder die loep. Die stigting van Nengomar Pesca in die buurland en Nengomar in Namibië het volgens die staat die Fishrot-korrupsieskandaal moontlik gemaak. Esau het reeds ontken dat hy enige inligting oor die kontrak gehad het en sê aan die staatsadvokaat Cliff Lutebezi dat hy nie ander visserypersoneel saamgeneem het nie omdat hy wou geld spaar.