Namibië is derde mees verdraagsaam oor gay-huwelike in Afrika

Die bekende Namibiese politieke kommentator, dr. Henning Melber, navorsingsdirekteur by die Skandinawiese Nordic Africa Institute, sê ‘n peiling wat deur Afrobarometer gedoen is, weerlê die idee dat Afrika eenparig homoseksualiteit verwerp. Die peiling toon dat daar eintlik baie groot variasie is onder die 34 lande wat ingesluit is. Cabo Verde is heel bo met 82 persent verdraagsaamheid teenoor verhoudings van dieselfde geslag met Suid-Afrika wat tweede geplaas is op 71 persent. Namibië lê derde op 64 persent, veel hoër as die gemiddeld van 21 persent onder die 34 deelnemende lande. Senegal het die minste verdraagsaamheid op 2 persent en is laaste geplaas. Tweede laaste is Ethiopië op 3 persent en Gambië net bo hom, op 5 persent.