Laaste Chinese keiser se horlosie gaan vir N$119m

‘n Polshorlosie wat aan China se laaste keiser, Aisin-Gioro Puyi, behoort het, is vir 118,98 miljoen Namibiese dollar in Hong-Kong verkoop. Die platinum horlosie het Arabiese syfers, pienk goue wysers en ‘n maanfase-funksie wat wys hoe sigbaar die maan van die aarde af is. Die Phillips afslaershuis sê die verstommende prys is weens die horlosie se rariteit en sy geskiedenis van 86 jaar. Dit was onder meer in Siberië waar die Chinese keiser vir vyf jaar tronkstraf uitgedien het.