Meer huishoudings leen, meer by ‘payday-leners’
Die hoeveelheid huishoudelike leners het in verlede jaar met 4,5 persent na net meer as 244 000 gestyg. Op ‘n kwartaallikse basis het die getal met amper 7 persent toegeneem. Volgens die toesighoudende owerheid, Namfisa, is die styging aangedryf deur ‘n groei in die hoeveelheid huishoudings wat by sogenaamde ‘payday-leners’ skuld maak, wat op amper 28 persent op ‘n kwartaallikse basis toegeneem het en net meer as 23 persent op ‘n jaargrondslag. Die goeie nuus is dat agterstallige lenings met 10,2 persent gedaal het en staan op 1,3 miljard Namibiese dollar. Agterstallige lenings beslaan 20 persent van die totale skuld in die land.