Kabinet gee Saara opdrag op droogtebepaling te maak
President Hage Geingob sê die heersende droogte situasie in die land het tydens die weeklikse kabinetsvergadering onder die loep gekom. Die eerste minister, Saara Kuugongelwa-Amadhila is opdrag gegee om die stand van sake op die grond te bepaal. Volgens die Namibiese Hidrologiese Diens ervaar Karasburg byvoorbeeld sy vyfde droogste jaar sedert rekords in 1913 begin het, terwyl Ondangwa sy sesde droogste jaar sedert rekords in 1902 begin het, ervaar. Intussen is die droogteverligtingsprogram wat deur die kantoor van die eerste minister hanteer word, reeds tot Mei volgende jaar verleng. Inwoners van Kunene, Omusati en Erongo word deur middel van die program met kos bygestaan. Daar is ‘n 60 persent waarskynlikheid vir ‘n oorgang van neutraal na El Niño gedurende Mei tot Julie vanjaar wat tot 70 persent in Junie tot Augustus styg met 80 persent tussen Julie en September.