Wysigings aan verkiesingswet in Zim-parlement vertraag
Ontwikkelinge rakende die Verkiesingswysigings-wetsontwerp in die Zimbabwiese parlement het dit grondwetlik onmoontlik gemaak om die proklamasie in Mei in die Staatskoerant te publiseer. Die president sal moet wag. Die Verkiesingswysigings-wetsontwerp moet eers wet word voordat die proklamasie in die Staatskoerant gepubliseer kan word. Hy het ten minste tot einde Junie kans om die wet in die Staatskoerant te publiseer. Tendai Biti van die opposisie-party Citizens Coalition for Change het sy frustrasie met Kosmos 94.1 Nuus gedeel…