Rehabilitasie van beskadigde pan in Sossus sal tyd neem

Na aanleiding van die erge skade wat roekelose toeriste met hul voertuie en motorfietse op een van die klein panne by Sossusvlei aangerig het, werk die personeel van Namib Naukluft Nasionale Park en Taleni Sossusvlei Lodge hard om die skade te herstel. Manie le Roux, hoofbeheer-natuurbewaarder in die omgewingsministerie met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor die rehabilitasieproses. Hy verduidelik dit sal ‘n wyle neem om die beskadigde gebied volledig te rehabiliteer.