Gay-huwelike: Geingob sal nie haatspraak duld nie
Die woordvoerder in die Presidensie, Alfredo Hengari, sê President Hage Geingob is verdraagsaam en aanvaar alle sienings oor gay-huwelike maar, dat haatspraak nie geduld sal word nie en dat meningsverskille met respek hanteer moet word. Intussen word daar berig dat die speaker van die Nasionale Vergadering, professor Peter Katjavivi LP’s gewaarsku het oor haatspraak en die aanhitsing van geweld. Dit kom na aantygings van beide die oortredings op die WhatsApp-groep teen gay-huwelike. Hy sê daar is nog geen amptelike klagte by hom aangemeld nie maar, meen dat LP’s beter moet weet as om hulle aan sulke oortredings skuldig te maak.