Covid: Syfers is nog laag, maar positiewe koers is op 20%
Covid-gevalle is weer besig om te styg met die Namibiese gesondheidsministerie wat die afgelope week 54 nuwe Covid-gevalle uit 270 toetsuitslae aangemeld het. Dit verteenwoordig ‘n positiewe koers van 20 persent. Daar is nou 68 aktiewe gevalle in agt streke, waarvan drie gesondheidswerkers is, twee onderwysers en een leerder. Khomas het die meeste gevalle op 18, met die Erongo-streek wat 12 het en Otjozondjupa wat derde is met agt. Altesaam 28,7 persent van die teikenbevolking van 60 persent is ten volle ingeënt.