Hof toe oor cholera – skoon water is ‘n basiese reg
Die Hammanskraal-prokureursvereniging sê hy gaan ‘n groepsgeding instel teen die Stad Tshwane en die provinsiale Gesondheidsdepartement. Dit volg nadat cholera in die gebied uitgebreek en 15 lewens geëis het. Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie het in 2019 bevind die water by Hammanskraal is nie geskik vir menslike gebruik nie. ‘n Woordvoerder van die vereniging, Aaron Ngobeni, sê volgens die Grondwet verdien inwoners skoon water: