Madeleine McCann: Polisie begin met opgrawings by dam
Die Portugese polisie het begin met opgrawings by ‘n dam in die Algarve-streek in die ondersoek na die verdwyning van die drie-jarige Britse meisie Madeleine McCann. Sy het in 2007 uit haar ouers se kamer by ‘n vakansie-oord in Portugal verdwyn. Die dam is sowat 50 kilometer vanaf die plek waar Madeleine verdwyn het. Die soektog by die dam vind plaas op versoek van die Duitse owerhede wat verlede jaar ‘n man, Christian Brueckner, as amptelike verdagte verklaar het. Die 72-jarige Brueckner is ‘n veroordeelde kindermolesteerder en dwelmhandelaar en is in Duitsland in aanhouding.