DA: Cholera is nie net ‘n Tshwane-kwessie
Die DA sê dat die huidige cholera-uitbreking nie uitsluitlik ‘n Tshwane-kwessie is nie, maar dat ‘n moontlike nasionale cholera-uitbreking in die gesig gestaar word. Voorvalle van cholera is ook in die Vrystaat en Limpopo aangemeld. Leon Basson, die DA se skaduminister vir water en sanitasie sê dit is die gevolg van jare en jare se nasionale staatsverwaarlosing en vorige plaaslike regimes wat metro’s bankrot gemaak het tot die punt dat hulle amper onder administrasie geplaas moes word.