Cyril besoek Lesotho Hoogland-waterprojek
President Cyril Ramaphosa is op ‘n werksbesoek in Lesotho vir die bekendstelling van Fase 2 van die Lesotho Hoogland-waterprojek. Die projek is ‘n bi-nasionale infrastruktuur-skema vir groter water- en energie-sekerheid vir Suid-Afrikaners en Lesotho. Fase 2 behels die bou van ‘n netwerk van tonnels en damme om water vanaf die Oranje-Senqu-rivier in die Lesotho-hoogland na Suid-Afrika te vervoer en om die waterlewering-stelsel te benut om hidro-elektriese krag aan die Koninkryk van Lesotho te verskaf.