Kommer oor hoë cholera-sterfgevalle  

Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid sê die hoë sterftesyfer in cholera-gevalle is kommerwekkend. Die departement het die media ingelig oor die voortslepende cholera-uitbreking wat die lewens van 15 mense geëis het. Die direkteur-generaal, Sandile Buthelezi, het ‘n beroep op openbare gesondheid-spesialiste gedoen om ‘n deeglike ontleding van die aangetekende gevalle en verwante sterftes te verskaf.