President se kavalkade kry voorrang bo ambulans
‘n Voorval wat op die hoek van Robert Mugabe-rylaan en Jan Jonkerweg in die hoofstad plaasgevind, waarby die presidensiële motorkade betrokke was, het omstanders geskok gelaat toe verkeersbeamptes ‘n ambulans met loeiende sirenes gestop het om te wag dat die President verbykom. Die vraag is wie is meer belangrik in hierdie geval, die President of ‘n pasiënt in ambulans in ‘n noodgeval? Die voormalige parlementslid Henk Mudge, het sy reaksie aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.