Veediefstal op die grens met Lesotho laat boere met hul hande in hul hare
Bestaansveeboere pleit by wetstoepassingsagentskappe om die grensbeheer tussen Suid-Afrika en Lesotho by Matatiele in die Oos-Kaap te versterk. Die beroep kom nadat die Matatiele Livestock Forum afgekom het op meer as 400 stuks vee wat besig was om na die buurland geneem te word. Die forum sê die voorval beklemtoon die behoefte aan strenger sekerheid om die onwettige beweging van vee oor die grens te verhoed. Volgens die woordvoerder van die Oos-Kaapse polisie, Thembinkosi Kinana, moet hulle nog strenger veediefstalvoorkomingsmaatreëls instel: