Skeidsregter stop geveg in 2de ronde, Nakathila verloor, tot sy verbasing

Tot die skok van Namibiërs het die skeidsregter die geveg tussen Raymond Muratalla en Jeremia Nakathila in die tweede ronde gestop. Muratalla het met ‘n tegniese uitklophou die boksgeveg wat in Las Vegas gehou is, gewen. Muratalla het Nakathila in ‘n hoek vasgekeer en toe die skeidsregter die geveg stop kon die verbasing op Nakathila se gesig gesien word. Muratalla het Nakathila uitgedaag na sy oorwinning oor Miguel Berchelt ook in die VSA in Maart verlede jaar.