Hervestiging onder die loep in Omaheke
Die parlementêre komitee op natuurlike hulpbronne is tans in die Omaheke-streek en het besoek afgelê op twee hervestigingsplase, Dixieland en Kaukurus. Die beperkings van die hervestigingsprogram is reeds jare bekend met die groter meerderheid boere wat in armoede verval en grond wat onproduktief is. Volgens die goewerneur van die Omaheke-streek, Pio Nganate, is die grootste uitdaging die beperkte desentralisering van stelsels. Hervestigde boere moet, onder andere, by die sentrale regering toestemming aanvra vir enige ander boerdery toepassing wat hulle wil benut, maar, ook net die wat van die fondse beskik. Plase word ook in baie kleiner dele opgedeel om meer mense te hervestig, wat sukses beperk. Daar is ook ‘n tekort aan infrastruktuur en kundigheid. Die landbouministerie het in die vorige boekjaar amper 40 000 hektaar bekom teen ‘n koste van amper 83 miljoen Namibiese dollar.