US$150m vir Mosambiek na Freddy

Die Wêreldbank het 150 miljoen Amerikaanse dollar van die fondse wat hy vir Mosambiek-projekte geoormerk het, verskuif om die land se pogings om te herstel van die nasleep van sikloon Freddy te finansier. Freddy het in Februarie en Maart verwoesting gesaai in Malawi, Mosambiek en Madagaskar. Meer as 1 000 mense is in die streek dood aangemeld. Die Wêreldbank sê die geld sal die Mosambiekse regering help om vervoerinfrastruktuur te herstel en dienste, insluitend watervoorsiening, sanitasie, gesondheid en onderwys, te verskaf. Die fondse vorm deel van die Wêreldbank se bestaande projekte in Mosambiek.