Geen aanlynbod vir Platinum Rhino nie

Die lot van 2 000 witrenosters – sowat 8 persent van die wêreld se renosterbevolking – hang in die weegskaal nadat John Hume se Platinum Rhino geen aanlynbieërs vir sy bewaringsprojek kon lok nie. Volgens berigte uit die buurland was daar wel aanbiedinge buite die aanlyn bodproses wat oorweeg word, en ‘n aankondiging sou reeds op 5 Mei gedoen word. Kosmos 94.1 Nuus het met die afslaers SwiftVEE opgevolg en die uitvoerende hoof, Russell Luck, sê hy wag vir Hume om sy aankondiging te maak. Die minimum bod vir die veiling wat vanaf 26 April tot vyf-uur namiddag op 1 Mei geloop het, was 10 miljoen Amerikaanse dollar.