Groot uitdagings vir verhuurders in SA, met nog ‘n koersverhoging op pad

Verhuurders in Suid-Afrika staan voor uitdagings met rentekoerse wat na verwagting die agtste keer volgende week gaan styg. Dit het ‘n uitwerking op die handelseiendomsektor wat reeds sukkel met beurtkrag en hoë leegstaankoerse. Verhuurders sal ‘n balans moet vind tussen die uitdagings van stygende rentekoerse en heffings, en bekostigbare stygings in huurkoste om huurders tevrede te stel. Die hoofbestuurder van die Galetti Corporate-eiendomsagentskap, John Jack, sê die moontlikheid van fase agt-beurtkrag maak dit nog dringender vir verhuurders om energie-oplossings soos sonkrag of kragopwekkers te vind.