Springbok-vroue begin nuwe sege in Madagaskar

Die Springbok-vroue is gretig om vandag in Madagaskar vroeg momentum te verkry wanneer hulle die verdediging van hul Rugby Afrika-vrouebeker in Antananarivo begin. Suid-Afrika speel teen Kameroen in die eerste van sy drie wedstryde in die toernooi, voor Kenia Woensdag aan die beurt kom en die gasvrou volgende Sondag. Die Springbok-kaptein, Chumisa Qawe, sê weens die formaat van die vierspan-kompetisie durf jy nie stadig begin nie: