Bokke sal verder in Durban, dan Korsika voorberei

‘n Tweede Springbok-voorbereidingskamp vind aan die einde van die maand in Durban plaas nadat die eerste een Vrydag afgehandel is. Die hoofafrigter, Jacques Nienaber, sê hulle het klem gelê op die oorgang na toetsrugby en die grondslag gelê vir die belangrike internasionale seisoen wat sy hoogtepunt bereik met die verdediging van hulle Wêreldbeker-titel in Frankryk. Hy het ook onthul die Bokke sal na die opwarmingswedstryd teen die All Blacks op Twickenham op 25 Augustus ‘n oefenkamp op die eiland Korsika hou.