CoW: Geen kommer oor kragonderbrekings nodig

Inwoners van Groot Aub en Brakwater is bekommerd oor die kragonderbrekings wat hulle in die gesig staar weens uitstaande betalings aan NamPower. Stad Windhoek het aan alle inwoners, en veral die inwoners van Groot Aub en Brakwater, verseker dat hulle nie deur die kragonderbreking geraak sal word nie. Die stad sê sy raad het die nodige betalingsreëlings met NamPower getref oor sy skuld van ‘n halfmiljoen Namibiese dollar. Celie Kapolo, korporatiewe kommunikasiebeampte van die stad, het aan Kosmos 94.1 Nuus die waarborg gegee dat nie een van Windhoek se inwoners geraak sal word deur die onlangse aankondiging van NamPower nie.