Internasionale Dag van Biodiversiteit op Gibeon gevier

Die bedreiging van Namibië se biodiversiteit het onlangs onder die loep gekom toe motorfietsryers skade by Sossusvlei aangerig het met hul sirkels van motorfietsspore in ‘n klein pan langs die Big Daddy-duin. Die omgewingsministerie het hierdie voorval ten sterkste veroordeel. Internasionale Dag van Biodiviersiteit word jaarliks op 22 Mei gevier. Vanjaar se tema is “From Agreement to Action: Build Back Biodiversity”. Namibië, die Verenigde Nasies, die Europese en die Duitse GIZ vier dié dag môre by die Gibeon-gemeenskapsaal in die Hardap-streek. Die hoofrede sal deur die adjunk-omgewingsminister Heather Sibungo gelewer word.