Net 1% gevangenes ontsnap uit SA tronke

Die buurland se minister van justisie en korrektiewe dienste, Ronald Lamola, sê minder as een persent van gevangenes het die afgelope boekjaar uit Suid-Afrikaanse tronke ontsnap. Hy het aan die parlement gesê net 27 van die 15 756 gevangenes het tussen April verlede jaar en Maart vanjaar ontsnap. Dit volg op die ontsnapping van die moordenaar en verkragter Thabo Bester uit die Mangaung korrektiewe sentrum in die Vrystaat verlede jaar. Die minister sê sy departement werk aan die verbetering van tronkbewoners se omstandighede. Hy het die parlement gerusgestel dat geen korrektiewe sentrums ontsnappings maklik maak nie.