Wes-Kaap maak planne teen koue en donker winter
Die Wes-Kaapse regering sê ook dat, ten spyte van die versekering deur Eskom dat die land se krag-netwerk nie die winter ineen sal stort nie, hy aanhou planne beraam om sy inwoners teen hoë vlakke van beurtkrag te beskerm. Premier Alan Winde sê dat daar tot 1 miljard Suid-Afrikaanse rand begroot is om die provinsie oor die volgende drie jaar, meer energie-veerkragtig te maak. Winde sê vir nou is dit ook belangrik om eers deur een van die land se moontlik donkerste en koudste winters in die geskiedenis te kom. Kosmos 94.1 Nuus se korrespondent in Kaapstad, Fritz Platt…