Rugby: Springbokke sluit oefenkamp in Durban af

Rugby: Die eerste van twee Springbok-voorbereidings-kampe in Durban het vandag geëindig. Afrigter Jacques Nienaber sê hy is tevrede die klein groepie spelers het hulle doelwitte bereik voor hulle met hulle internasionale seisoen begin. Die hoof-doelwitte was om te verseker die spelers is reg ingestel vir toetsrugby na hulle verpligtinge by hulle klubs en berei voor vir die seisoen wat sy hoogtepunt bereik met die Wêreldbeker in Frankryk. Die tweede oefenkamp vind van 29 tot 31 Mei plaas.