NamPost reik seël vir die bedreigde ietermagô uit

Namibië sluit vandag by die wêreld aan ter viering van die Wêrelddag vir Bedreigde Spesies. Bedreigde Spesie-dag word elke jaar op die derde Vrydag van Mei gevier. Die dag dien om bewustheid van bedreigde spesies te verhoog en om bewaringspogings te vier om hierdie spesies te help herstel. Ietermagôs is die mees gesmokkelde soogdier ter wêreld en NamPost het vandag ‘n seël ter ere van ietermagô-bewaring in Namibië bekend gestel. Die stigter van die Ietermagô Bewaring- en Navorsingstigting, Kelsey Prediger, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.