DA vra vervoerminister oor Karpowership-kontrak
Die DA het ‘n aansoek ingevolge die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ingedien by die minister van vervoer, Lydia Chikunga, wat agtergrond-inligting vra oor die besluit om oor die volgende 20 jaar hawe-ruimte toe te staan aan Karpowership. Die projek is gemik op die verkryging van noodkrag. Kevin Mileham van die DA sê die versoek wil vasstel watter kriteria gebruik is, die teenkantings wat ingedien is en notules van vergaderings. Hy bevraagteken onder meer die koste van die kontrak van 200 miljard Suid-Afrikaanse rand.