Opposisiepartye berei standpunte oor LGBTQ-gemeenskappe voor

Nadat talle Swapo-lede, senior regeringsamptenare ingesluit, hul sterk teenkanting teen die LGBTQ-gemeenskap uitgespreek het met die standpunt dat dit nie deel vorm van die Afrika-kultuur nie, kom opposisiepartye se standpunt ook in. Die Landless People’s Movement het reeds sy standpunt gegee dat individuele regte in Namibië respekteer moet word. Die amptelike opposisieparty, die Popular Democratic Movement, asook die Independent Patriots for Change het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle is nog besig om hul mediaverklarings oor dié kwessie voor te berei.