DA rig versoekskrif aan landbouministerie oor entstowwe

Die DA het sy versoekskrif by die parlement ingedien waarin hy die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, en haar departement vra om Onderstepoort Biologiese Produkte se entstof-stam vry te stel. Hy sê dit moet aan die privaat sektor beskikbaar gestel word om te help met die vervaardiging van entstowwe om die vee-bedryf te red en voedselsekerheid te beskerm. Noko Masipa van die DA sê die versoekskrif, wat gedra is op die platform change.org, het meer as 11 000 handtekeninge ingewin.