DA: Hospitaal moet kragopwekker leen

Die DA in Mpumalanga is uiters bekommerd omdat die Middelburg-hospitaal gedwing is om ‘n kragopwekker te leen om te kan werk omdat syne nie gewerk het nie. Volgens gesondheidswerkers wat die party genader het om hulp, is die hospitaal se pogings erg gekniehalter deur fase ses-beurtkrag. Jane Sithole van die DA sê die hospitaal moes ‘n kragopwekker in Bethal leen.