Tennis: Tsitsipas verwag drama by Italiaanse Ope
Tennis: Die mans-halfeindstryde van die Italiaanse Ope word môre beslis. Die vier semi-finaliste is almal onder die top-tien en dit behoort te sorg vir opwindende kragmetings. Die wêreld-nommer sewe, Holger Rune van Denemarke, kom te staan teen die vierde-gekeurde Casper Ruud van Noorweë in ‘n stryd tussen twee Skandinawiërs. In die ander halfeind kom die vyfde-gekeurde Griek Stefanos Tsitsipas te staan teen die derde-gekeurde Rus Daniil Medvedev. Tsitsipas sê dié tweestryd lewer dikwels ‘n bietjie drama op.