Zim begenadig meer as 4 000 gevangenes

Zimbabwe het 4 270 gevangenes vrygelaat as deel van ‘n presidiensiële amnestie. Die woordvoerder van die Gevangenis en Korrektiewe Diens, Meya Khanyezi, sê ‘n vyfde van alle gevangenes is vrygelaat. Amnestie is toegestaan aan dié wat drie-kwart van hulle vonnis uitgedien het, of een-tiende vir dié ouer as 60. Gevangenes wat opgesluit is vir gewelddadige misdade, roof, hoogverraad, openbare orde- en sekerheid-oortredings is uitgesluit. Khanyezi sê die toegewing sal oorbevolking in aanhoudingsentrums afbring, wat 17 000 mense kan huisves, maar waar voor die amnestie, meer as 22 000 gevangenes was.