Tsunami-waarskuwing uitgereik na aardbewing in Stille Oseaan
Die Stille Oseaan-tsunami-waarskuwingsentrum sê tsunami-waarskuwings is uitgereik na ‘n aardbewing van 7,7 die streek suidoos van Nieu-Kaledonië getref het. Lande regoor die Stille Oseaan het tsunami-waarskuwings uitgereik. Intussen sê Vanuatu se Weerdepartment ‘n aardbewing van hierdie omvang het die potensiaal om vernietigende tsunami-golwe te veroorsaak wat die land se kuslyn kan tref. Die land se nasionale rampbestuurskantoor raai mense aan om voorsorgmaatreëls te tref, wat onmiddellike ontruiming vanuit kusgebiede na hoërliggende gebied kan insluit.