Bepalings vir groenskemas sluit Namibiërs uit
Dit wil voorkom asof geen plaaslike bieër die jongste groenskemas se bekom om te bedryf nie. Berigte lui dat aansoekers wat die drie groenskemas, Tandjiekoppie, Sone en Katima-Liselo wil bestuur, bates of ‘n kredietlyn van 650 miljoen Namibiese dollar beskikbaar moet hê. Luidens die berigte, moet nie bates ten volle besit word. Die skemas, net meer as 5 300 hektaar, is geoormerk vir tafeldruiwe, dadels en groente. Al drie skemas het kommersiële produksiegebiede met ander dele wat vir medium en klein produsente uitgesit is. Die landbouministerie eis ook ervaring en alle aansoekers moet ten minste 10 miljoen dollar in jaarlikse omset gehad het vir projekte in die afgelope drie jaar.