20 000 dakloos in Italiaanse oorstromings

Oorstromings in die Emilia-Romagna-streek in die noorde van Italië het die lewens van 13 mense geëis, en nagenoeg 20 000 dakloos gelaat. Volgens owerhede het meer as 20 riviere in die streek hul walle oorstroom wat 280 grondverskuiwings tot gevolg gehad het. Die streek, wat onder ‘n langdurige droogte gebuk gaan, is onder ‘n rooi waarskuwing geplaas. Dit is die hoogste vlak waarskuwing of noodtoestand vir lewensgevaarlike weerstoestande. Eerste minister Giorgia Meloni se regering hou Dinsdag ‘n krisisvergadering.