Witseerkeel: SA-publiek moet waaksaam wees

Die Suid-Afrikaanse gesondheidsminister, Joe Phaahla, vra die publiek om waaksaam te wees maar nie paniekerig te raak nie, nadat twee positiewe witseerkeel-gevalle verlede maand aangemeld is. Die eerste geval was ‘n volwasse persoon in KwaZulu-Natal, en die tweede ‘n kind in die Wes-Kaap. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê witseerkeel is ‘n ernstige infeksie wat met inenting voorkom kan word. Dit word veroorsaak deur ‘n bakterie, Corynebacterium diphtheria, wat tot moeilike asemhaling, hartritme probleme en selfs die dood kan lei: