SA kan nie met geloofwaardigheid in Oekraïne onderhandel nie – DA

Die DA sê Suid-Afrika kan nie met enige geloofwaardigheid aan bemiddelingspogings tussen Oekraïne en Rusland deelneem, terwyl bewerings dat die land Moskou in sy aggressie help die ronde doen nie. ‘n Afvaardiging van Afrikastaatshoofde, insluitend President Cyril Ramaphosa, beplan om na Moskou en Kiëf te reis vir bemiddeling en vredesamesprekings. Emma Louise Powell van die DA sê Ramaphosa moet die internasionale gemeenskap dringend verseker dat ‘n volledige ondersoek inderdaad aan die gang is, om vas te stel of die land wapens aan Rusland verskaf het: