Amptenare in Kenia geskors na besmette suiker op die mark geplaas is

Kenia het 27 amptenare geskors nadat sowat ‘n duisend ton suiker op die mark vrygestel is al is dit verklaar as nie geskik vir menslike gebruik nie. Die amptenare sluit in werknemers van belasting- en voedselowerhede, die Buro vir Standaarde en die polisie. Die presidensie se personeelhoof, Feliz Koskei, sê die besending is ingevoer, maar is gemerk as verval. Die suiker was geoormerk vir omskakeling in nywerheids-etanol. Intussen beplan die regering om ‘n nuwe belasting op plaaslik vervaardigde suiker in te stel in ‘n poging om inkomste ‘n hupstoot te gee.