Numsa is boos oor Takatso-SAA-ooreenkoms
Die buurland se metaalwerkersvakbond, Numsa, het die Mededingingskommissie se aanbeveling veroordeel, dat die Mededingingstribunaal die voorgestelde samesmelting tussen Takatso Aviation en die Suid-Afrikaanse Lugdiens goedkeur. Die samesmelting is onderworpe aan disinvesterings- en indiensnemingsvoorwaardes. Die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, het die Takatso Consortium-ooreenkoms in 2021 aangekondig en aangedui Takatso sal ‘n 51-persent aandeel in SAA koop. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die samesmelting word goedgekeur ten spyte van skreiende bestuursgapings: