Harrison Ford by Cannes vereer

Harrison Ford het ‘n ere-Palme d’Or by die Cannes-rolprentfees in Frankryk ontvang vir sy lewenslange bydrae tot die filmbedryf. Die 80-jarige akteur woon die fees by om sy nuwe fliek, Indiana Jones and the Dial of Destiny, bekend te stel. Die akteur Phoebe Waller-Bridge is ook in die fliek te sien as Indiana Jones se pleegdogter. Ford is 40 jaar ná sy eerste verskyning in 1981 as die wêreldreisiger en argeoloog in Raiders Of The Lost Ark,  weer in die rol as Indiana Jones te sien.  Hy sê hy is diep geraak en nederig oor die eer.